RNS

'n Haarnaaldstring van 'n pre-mRNS. Die nukleotiedbasis (groen) en die ribose-fosfaat ruggraat (blou) is aangedui. Neem kennis dat hierdie 'n enkelstring-RNS is wat op homself terugvou.

Ribonukleïensuur oftewel RNS is saam met DNS die draer van erflike inligting in alle bekende organismes. RNS bestaan uit nukleïnesuur en vorm saam met proteïne die makromolekules noodsaaklik vir alle bekende vorms van lewe.

'n RNS-molekuul bestaan uit lang enkelstringe nukleotides, wat saam tot 'n dubbele heliks buig. Die twee stringe is aanmekaar verbind deur sogenaamde basispare. 'n Basispaar verbind twee nukleotides wat teenoor mekaar lê. Die volgorde van nukleotides in 'n string word 'n sekwensie genoem. Omdat daar in prinsiep oneindig baie sekwensies moontlik is, kan die volgorde van nukleotides unieke erflike inligting verskaf.

In organismes word die DNS binne-in 'n sel in die vorm van chromosome aangetref. Chromosome kan miljoene basispare bevat. Deur middel van DNS-replisering word die DNS in 'n chromosoom gekopieer. Hierdie kopiëring word gevolg deur selverdeling. Sodoende kry elke sel 'n kopie van die DNS en kan daar deur voortplanting DNS deurgegee word aan die nageslag.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search